Vrouemaand skop af

Deur Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux

DIT is Augustusmaand. Eerstens is dit die maand wat sommer afdraand loop na die einde van die jaar toe. Tweedens kan inwoners uiteindelik begin uitsien na die lente.
Maar belangriker: Augustus is Vroue­maand in Suid-Afrika.

Die Hoorn wil vandeesmaand weer die klem laat val op ons streek se vroue. Ons wil lesers graag vertel van diegene wat ’n verskil maak, diegene wat nuwe paaie loop, diegene wat dapper is, diegene wat ons inspireer.

Laat weet asb vir Liesel le Roux (073 217 7089) of Ilze-Mari Gründ­ling (084 824 2179) of by ons kantoornommer (044 272 5605) as jy weet van so ’n vrou met wie ons kan gesels.

Ons wil ook sakevroue, vroue wat eienaars is van besighede, of besig­hede wat erkenning aan die vroue in hul diens wil gee, die geleentheid bied om die vroue en hul besighede blootstelling te gee in Die Hoorn. Kontak gerus hiervoor Die Hoorn se bemar­ker, Wyndham Ewerts (084 794 5936) of skakel andersins ons kantoornommer (044 272 5605).

En dan: Daar kon geen beter voorbladberig vir die eerste uitgawe van Die Hoorn in Augustus gewees het as die een oor Lizzie Hendriks wat vrou-alleen opgetree en geveg het om haar kind na ’n verdrinking terug te bring na die lewe toe nie. Ja, ook gewone vroue soos ek en jy en diegene om ons kan helde word. Ons salueer jou, Lizzie!
– Liesel le Roux