Ervaring verseker professionele diens

Die personeel van Duvenage Keyser & Jonck wat langer as 20 jaar diens het, is van links (getal jare in hakies) Christine Campher (21 jaar), senior siviele litigasiesekretaresse, Lorraine Nortjé (45 jaar), kantoorbestuurder van akte-afdeling, Retha Jonker (22 jaar), senior algemene sekretaresse, Irene Mortlock (26 jaar), senior siviele litigasiesekretaresse, Yolandé Heyns (26 jaar), senior aktetikster, en Helen Strydom (30 jaar), kassiere en ontvangs.

Ses dames spog met baie jare diens!

Min ondernemings op Oudtshoorn kan spog met ’n personeel met so baie ervaring as Duvenage, Keyser & Jonck (DKJ) s’n.

Uit ’n personeel van vyftien spog ses dames met meer as 20 jaar diens elk.
Volgens Lezelma Pretorius, een van DKJ se direkteure, is dit ’n voorreg en plesier om soveel ervaring en lojaliteit onder hul personeel te hê.

Om die beste en professionele diens te lewer, word kundigheid en ervaring vereis, en DKJ beskik beslis hieroor.

Lorraine Nortjé, kantoorbestuurder van die akte-afdeling, het in 1971 nadat sy met skool klaargemaak het, by DKJ begin werk, slegs twee jaar nadat die firma gestig is.
“Ná 45 jaar is dit steeds vir my lekker en uitdagend om by DKJ te werk,” sê sy.