SMS’e van lesers

Ek wil NG Kerk Volmoed bedank vir ’n pragtige Kerssangdiens. Dankie vir elk-een wat ’n bydrae met hul godgegewe talente gemaak het. Dit was so pragtig. Sang en musiektalente van persone wat baie van ons nog nooit gehoor het nie. Eljada Nasorg se koor, Dawid van Nie-kerk en Charlie Nunn, Elmien Bester, Lize Terblanche, Lisa Victor en maat, Volmoed se Sondagskoolkinders saam met hul dominee en Joelene Stander en me Terblanche vir hul begeleiding. God seën u elkeen. NG

*****

Weer eens baie dankie vir die verf van verkeerspadtekens. Al probleem is nou om bestuurders van voertuie te dwing om te stop op 4-rigting stoptekens. Verkeer, dis mos julle plig, nie waar nie. MC

*****

Beste raadslede Kersop en Fourie, baie dankie vir die vergadering vandag by my huis. Dit was lank (2 ure), maar nodig. Dit word waardeer. Sterkte met julle taak. Groete. Reynhardt Brittnell, Oudtshoorn.

******

Nou sweep die leiers die afgedankte mense op om optogte te hou, maar hulle weet hulle was onwettig aangestel. Weet hulle nie daar is iets soos ’n or-ganogram nie? Kannaland

*****

Ek koop laas maand ’n naam-embleem vir my motor, direk vanaf die handelaar. Ek betaal R520 daarvoor, wat nie juis toe reeds al lekker klink op die oor nie, maar ek wil dit toe maar klaar hê want my voertuig steek af. Per toeval is ek hierdie week in Mosselbaai saam met my vriend – hy het presies dieselfde motor en sit met dieselfde probleem. Ons gaan na dieselfde handelaar as in Oudtshoorn, en amper kry ek ’n hartaanval van skok! Die item kos slegs R120 daar, waarna ek die dame wat ons help, meedeel van my ondervinding. Al wat sy kon doen, is skelm glimlag, en sê: “ek weet nie wat daardie mense aanvang nie”. Nou vra ek myself die vraag: was die persoon wat die transaksie gedoen het onbevoeg op die rekenaarstelsel, want daar is vreeslik gesukkel en hulp is dikwels ingeroep.

*****

Ek het ’n sms gestuur ivm met die pad wat so erg beskadig is naby die ingang van die verkeers-afdeling, en die verfmerke wat dof is … dit is in Oudtshoorn en nie De Rust nie, ons het nie ’n verkeerskantoor op De Rust nie.

*****

Tien uit tien vir die Dierehoekie se hondjies en hul Kersfeeshoede!

*****

Die jaagduiwels jaag nie meer net snags op Oudts-hoorn nie. Vanoggend nadat dit begin lig word het, was daar steeds ’n kar wat verskriklik deur ons strate gejaag het.

*****

Ag, hemel, los ons diere uit – hoeveel op die werf. Wat is erger as die mens se geklets, geskinder en parties? Hond blaf om te sê dankie, ’n blaf vir “ek lief jou” en ’n blaf om JOU te waarsku. Sonja

*****

Ouderling Ronwin Rademeyer, dankie dat jy bid dat korrupsie in Kannaland getakel word en daar het dit gewerk! Hul optogte sal nie help nie.

 

SMS na 073 217 7089. Beledigende of lasterlike SMS’e word nie geplaas nie. SMS’e weerspieël die standpunt van die afsender en nie die van Die Hoorn nie. SMS’e met klagtes oor besighede moet die sender se naam bevat en dit sal aan die besigheid voorgelê word vir reaksie