Kingdom News: The friendship of Jesus

If the nearness of Jesus changes how we see Him, then friendship with Jesus changes how we walk with Him.

It’s one thing to know that Christ is in you. It’s another to live as though He’s sitting next to you on the couch, walking with you on your morning run, or leaning in across the table at breakfast. Sanctification, the ongoing work of the Spirit ma-king us holy, isn’t just about avoiding sin or “behaving better.”

It’s about clearing away everything that keeps us from enjoying Him as our closest friend. The more we’re sanctified, the more unhindered our relationship becomes. Picture this, Jesus sitting across a table chatting away, laughing. You know this about me, I have a friend, she is my best friend. Her laughter always makes me feel warm and fussy inside, like home.

I always imagine that laughter times a million when I imagine Jesus sitting with me, and that brings such joy to my heart.

Jesus didn’t call His disciples servants forever. In John 15:15, He said: “I no longer call you servants, because a servant does not know his master’s business. Instead, I have called you friends for everything I learned from my Father I have made known to you.”

Friendship means shared life, shared secrets, shared mission. Think about that, Jesus shares Himself with you. It’s why you can pour out your heart without reservation, knowing He won’t turn away. It’s why you can laugh with Him when joy bubbles up unexpectedly.

It’s why you can sit in silence together, and the quiet feels full, not empty. I’ve known Him as Sa-vior. I’ve worshipped Him as King. But the moments that have marked me most deeply are the ones when I’ve known Him as Friend. The time I told Him something silly, something I thought was too small to bring up, and I felt His delight that I had.

The long drive when I spoke to Him like He was in the passenger seat, and halfway through, realized He truly was. Sanctification doesn’t make friendship with Jesus possible, it makes it natural. The more our hearts are made like His, the more our days become conversations rather than ceremonies, companionship rather than mere compliance. Yes, He is holy.

Yes, He is the Alpha and Omega. But He is also the Friend who leans in close, listens without distraction, and says,“You’re mine, and I’m not going anywhere.”

The more you walk with Him, the more you’ll realize, you’re not just living for Him.You’re li-ving with Him. And that changes everything. (VICKY LUDICK)

God se ewige liefde vir ons

Romeine 8:37-39 lees – 37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39 of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here (AFR83).

Hierdie gedeelte van diepgaande gerusstelling en bemoediging word gevind in een van die be-langrikste hoofstukke in die Nuwe Testament, Romeine 8. In hierdie verse vang die apostel Paulus die essensie vas van God se onwrikbare liefde vir gelowiges en die onbreekbare band wat hulle deur Christus met Hom deel.

Die Satan is ons teëstander. Hy stuur allerlei lewens vernietigende, vreugde- vernietigende aanvalle om die welsyn en die geloof van God se kinders te bedreig. Baie van hierdie aanvalle word gelys in Romeine 8:35–39: moeilikheid, swaarkry, vervolging, hongersnood, naaktheid en die swaard. Paulus moedig ons aan om vas te staan in ons geloof wanneer daardie aanvalle kom, en herinner ons daaraan dat ons nie net op die ou end sal wen nie, maar dat Jesus ons nou alreeds in staat stel om te wen. Satan het nie die krag om ons ewige lot te steel nie, en hy kan ons nie skei van die liefde van God nie. Niks wat ons in die gesig staar maak God in die minste bekommerd nie. As ons sy kinders is deur geloof in sy Seun, dan het ons sy belofte van liefde en beskerming. In Johannes 10:27-29 het Jesus gesê: “27My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. 28Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie..”

Paulus eindig met van die mooiste woorde in die Bybel, en juig in God se altyd-en-vir-ewig liefde vir ons in Jesus. Romeine 8:31-24 lees – “31Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? 32 Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? 33Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.

Gevolgtrekking
So, kan probleme op hierdie aarde ons skei van die liefde van God in Christus? Nee! Vervolging of pyn? Nee! Gevare of nood? Nee! Demone of die dood? Nee! Niks sal ons kan skei van die liefde van God in Christus Jesus, onse Here nie (8:39). So, watter moeilike beproewinge jy ook al ervaar, weet dat hulle jou nie kan skei van God se liefde vir jou in Jesus nie. En as die Almagtige God ons liefhet, kan ons vertrou dat alles wat met ons gebeur, selfs die ergste lyding, ons altyd ’n goeie en betroubare God het om vir ons ten goede te werk. Wat ’n groot troos!

Gebed
Dankie Vader dat ons vandag kan weet dat ons oorwinnaars is in Jesus Christus. Dankie Vader dat ons ook die versekering het dat die krag van die Een wat binne-in ons woon, kan nie parallel wees of teëgestaan word deur enige ander krag wat bestaan nie. God se onbeskryflike groot liefde vir ons het reeds vir ons ’n plek in die oorwinnaars kring verseker.

Waar ons ook al gaan, dankie vir die versekering dat ons kan weet dat God is by ons en bemagtig ons met Sy liefde. So ek en jy is bemagtig om dit te oorwin, maak nie saak teen watter vyand jy en ek te staan kom nie! Amen

Mag julle vandag Christus se liefde ervaar en mag julle ’n geseënde dag hê. (PIETER WESTLEY)