Die saak teen ’n man van Beaufort-Wes wat teregstaan op vier aanklagte van verkragting is verlede week in die Oudtshoorn streekhof vir verdere verhoor tot 20 Oktober uitgestel.
John “Jumbo” Schermond word daarvan aangekla dat hy tussen Mei 2018 en April 2019 ’n vyftienjarige meisie verskeie kere verkrag het. Hy pleit onskuldig op al die aanklagte teen hom.
Die klaer se ma het getuig dat sy die beskuldigde goed ken en vertrou het en dikwels ingestem dat haar dogter saam met die beskukldigde iewers heen ry.
Die beskuldigde se regsverteenwoordiger, Daan Dercksen, het die hof meegedeel dat hy van voorneme is om die klaer, en moontlik ook haar moeder, terug te roep om sekere aspekte op te klaar.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni en Noluvuyo Ndinsa is die aanklaer. (GARNETT WICOMB)
Man van Beaufort-Wes verkrag glo vyftienjarige
