Isn’t this a real and heartbreaking truth about December…We drag ourselves across the finish line, breathless, bruised, hopeful, half-defeated, thinking somehow… somehow… we will magically fix in one week what we wrestled with for eleven months straight.
But let’s tell the truth today, softly but honestly: If you didn’t fix it in April… If it didn’t resolve in July… If it didn’t shift in September… It is not suddenly going to transform because you lit a Christmas candle and played Michael Bublé.
And that’s not failure. That’s humanity.We don’t need a last-minute miracle. We need a changed attitude (kinda renewal of the mind thing), not a changed outcome.
Because the Prince of Peace is still the Prince, even when nothing changes. Some of you are reading this in a full house, kids from two marriages, family dynamics, emotions layered like an onion. Some are sitting alone in a quiet room wishing there was someone.
Some don’t have enough for a festive plate. Some are grieving. Some are so tired the idea of “holiday joy” feels like a cruel joke (this is mine).
And yet, peace doesn’t ask for perfect circumstances. Peace walks straight into whatever your “house” looks like right now, even if your house is literally just you trying your best.
Isaiah didn’t call Him: Prince of Productivity, Prince of Problem-solving, Prince of Perfect Christmas photos… He called Him: Prince of Peace.
Shalom. Not just “calm feelings.” But wholeness where things are broken, fullness where things feel empty, rest where your soul has been fighting all year. December is not for fixing. It’s for surrendering.
Let’s say it together: “God, I didn’t fix it. I could not fix it. And I won’t pretend that one more week will suddenly change everything. But You can change me.”
Because sometimes the greatest miracle is not the situation shifting, but your posture softening. Sometimes the breakthrough is not the door opening, but your heart unclenching.
Sometimes the victory is not the answer arriving, but your spirit finally exhaling. So this year, we stop fighting December.
We breathe. We let God do whatever needs doing. We release whatever we’ve been gripping. We enter the kind of rest that says: “Lord, You reign here, in this home, in this heart, in this mess, in this moment.”
Even if the bank balance is tight, the fridge is humble, the family story is complicated, the loneliness is loud, the fatigue is real… Peace still reigns. Peace still comes.
Peace is still a Person. And He is with you. Let’s end this year in a posture heaven can use. Not frantic. Not hustling. Not striving for a sudden life-makeover.
Because what couldn’t be changed in months will not be changed in days, but you can walk into these next days completely different.
With Jesus governing your thoughts. With peace guarding your mind. With rest settling in your bones. With a softness that only comes when you stop pretending to be the hero and let God be God. So breathe, beloved.
Let heaven do what heaven does. Let the Prince of Peace reign in every room, even the unfinished ones. And may these last days of the year wrap you in rest so deep that 2026 meets a version of you that the battles of this year couldn’t break. (VICKY LUDICK)

Elkeen vir homself?
DIE naweek moes ek terug na my geboortedorp, of altans stad. My pa is op 6 November oorlede nadat hy vroeër in September siek geraak het en ’n operasie ondergaan het. Ongelukkig het hy na die operasie net verder agteruit gegaan, en sy laaste asem die aand uitgeblaas.
Dis ’n groot familie, my pa was 3 keer getroud. En uit die drie huwelike was ons vier kinders. ’n Goeie “blended” familie van joune, myne en ons-s’n. Ons is as een groot gelukkige gesin grootgemaak wanneer daar vakansies gekuier is.
Waaroor die storie egter gaan is nie die saamkuier as familie met almal wat van heinde en verre ge-kom het nie, maar oor die verloop na die tyd. Sien, tydens my besoek was dit ook die G20 beraad. Snelweë is op kort kennis toegemaak, met verkeer wat ure in rye staan. Gelukkig het ek met die aankoms in my huurmotor dit net net gemis, maar daar was oral polisie op die paaie. (Ek moet net by noem dat my oorspronklike huurmotor nie beskikbaar was nie, en ek uit desperaatheid na AVIS se toonbank is, en gevat het wat ek kon kry, al was dit amper dubbel van die oorspronklike motortjie).
Na afloop van my pa se lewensviering, is ek na my ma se huis om die aand saam met hulle tyd te spandeer. Hulle bly sowat 40 km van my pa se huis af. Êrens het ek ’n sms gesien oor ’n weerwaarskuwing en hael, maar nie eintlik veel aandag gegee nie. Terwyl ons op die snelweg terugry, met 5 bane motors, is ’n donker wolk is besig om in die verte op te steek en beweeg al vinniger in ons rig-ting. Na ’n harde weerligstraal se knal maak die hemel oop en emmers reën val om ons.
Motors links en regs begin met hul hazards aan ry, dis moeilik om te sien wat om jou aangaan. En toe kom daar ander klipharde klanke. Dit begin hael. En die hele snelweg kom tot stilstand. Ons is gestrand in die middel van ‘n snelweg met geen skuiling of brug in sig nie, en vir die volgende 15 min is dit net hael wat soos sneeu naderhand op die kar neersak. En ek is dankbaar vir die duurder opsie op die motortjie se versekering wat haelskade dek, want wanneer laas het dit gehael.
Van links kom ’n polisie voertuig met ligte en sirenes op die skouer van die pad aangery….en kort daarna begin die verkeer weer beweeg. Dit blyk dat daar motoriste was, wat 50 m vorentoe net doodeenvoudig onder die brug gestop het en die hele snelweg vir kilometers versper het sodat hulle motors nie deur die hael getref word nie.
En dit laat my dink dat die optrede van ’n handjievol selfsugtige persone die lewens en eiendom van duisende in gedrang gebring het.
Ek was waarlik verstom, maar ook nie verbaas nie. Is dit nie instinktief vir ’n persoon om te doen wat hy moet om te oorleef, die grootste porsie vir homself toeken, die lekkerste skaaptjop in die bak, die grootste sny koek, en te sorg dat hul die beste van die beste vir hulself eien nie.
Wat sê die spreekwoord – as jy nie na jou eie belange omsien nie, gaan niemand anders nie. En dit is totaal die teenoorgestelde van naasteliefde. En ek was hartseer oor wat ek gesien het, maar tog dankbaar dat die motor geen skade op die einde van die dag gehad het nie, ten spyte van ander se selfsugtige gedrag.