Kingdom News: God werk steeds deur mense soos ek en jy

Bo: Theo Burmeister van Shofar, Oudtshoorn, saam met sy vrou, Janine, en hulle twee oulike kinders, Johannes en Beth. Foto verskaf

Ons lewe in tye waar almal op soek is na helde om vir ons redding en hoop in ons huidige omstandighede te bring. ’n Nuwe president, ’n sportheld, ’n groot evangelis, of selfs die Avengers wat gestuur word om ons omstandighede te kom draai.

In Handelinge 4:13 wys die Woord vir ons hoe God deur doodgewone, eenvoudige mense kan werk. Die teks lees: “Die Joodse Raad was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien, want die Raad het geweet dit is maar ongeleerde en eenvoudige mense. Die raadslede het hulle ook herken as volgelinge van Jesus.”

Petrus en Johannes was eenvoudige vissermanne en nie die opgevoede elite van hul tyd nie. Hulle was ongeletterd, sonder die teologiese opleiding waaroor baie van die godsdienstige leiers beskik het nie.

Dit wat hulle onderskei het, en diegene wat hulle teëgekom het, verstom gelaat het, was nie hulle intellek of goeie praatjies nie, maar hulle onwrikbare geloof in Christus.

Ons word hier herinner dat God se werk dikwels plaasvind op maniere wat menslike wysheid uitdaag. Hy kies die swakkes om die sterkes te verwar, die dwase om die wyses te beskaam (1 Korintiërs 1:27). Deur Petrus en Johannes as Sy instrumente te kies, het God ’n diepgaande boodskap gestuur: Sy krag oortref ons menslike tekortkominge.

Die sleutel tot die buitengewone impak van hierdie gewone mans was hul intimiteit met Jesus. Handelinge 4:13 beklemtoon dat hulle by Hom was.

Dit was vanuit ’n diep verhouding en verbintenis met hul Verlosser, wat hulle bemagtig is om die Evangelie met krag en groot vrymoedigheid te verkondig, asook wonderwerke te verrig. Hulle was vervul met die Heilige Gees, en dit was deur Sy leiding en krag dat hul kragdadig kon gebruik.

As ’n kind van die Here word ek geweldig deur hierdie vers bemoedig. Dit herinner ons daaraan dat ons nie hoog opgevoed hoef te wees of buitengewone talente hoef te besit om effektiewe instrumente van God se genade te wees nie. Ons krag lê in ’n lewende verhouding met Jesus Christus. Wanneer ons tyd in Sy teenwoordigheid spandeer, Sy leiding soek en op Sy krag staatmaak, word ons instrumente waardeur God wonders kan verrig.

In tye wat ons intimidasie ervaar en nie waardig, of bekwaam voel om God se werk te doen nie, kom herinner Handelinge 4:13 ons daaraan dat God spesialiseer daarin om gewone mense te gebruik om die buitengewone te bereik. Ons word geroep om getroue, beskikbare en gewillige instrumente in Sy hand te wees.

Laat ons, soos Petrus en Johannes, bekend staan vir ons moed, ons onwrikbare geloof en ons intieme verhouding met Jesus. Soos ons dit doen, kan ons vertrou dat God deur ons sal werk op maniere wat ander rondom ons sal verstom en eer aan Sy naam sal bring. Op die ou end is dit nie ons vermoëns nie, maar ons beskikbaarheid vir God wat Sy hart beweeg. (Deur Theo Burmeister)

Meer oor Theo en Janine van Shofar, Oudtshoorn:
Theo en Janine Burmeister was beide onderwysers voor die Here hulle in voltydse bediening geroep het by Shofar Tygerberg op die Stellenbosch mediese kampus. Hierna is hulle vir ‘n paar jaar betrokke gewees by Shofar Durbanville Gemeente se pastorale span. Beide het ‘n hart om die koninkryk te sien kom en is dankbaar om Oudtshoorn as gemeenskap te kom dien om te sien wat Jesus wil kom doen deur die kosbare gemeenskap van Shofar Oudtshoorn.

Oggenddienste: 09:00 met kinderkerk by Langenhovenweg 95.
Jeug: 18:00 elke Woensdag ook by hul perseel in Langehovenweg.
Selgroepe: weekliks op verskillende dae. Kontak Theo by 076 529 7189, of volg hul Facebookblad: Shofar Ouddtshoorn. Of stuur ’n e-pos na: theo.burmeister@shofaronline.org.

Ps 34:8 is soos speserye vir die lewe

Kaneel is ’n spesery wat geoes word van die binnenste bas van ’n aantal bome van die genus Cinnamomum wat oorspronklik net in Sri Lanka gegroei het. Kaneel word in beide soet en sout Suid-Afrikaanse disse gebruik.

Ons emosies is ’n gawe van God. Soms is dit net te maklik om deur ons emosies gelei te word. Ons emosies is daar om die lewe lekker te maak soos wat speserye kos lekker maak.

Niemand wil ’n bord vol speserye eet nie. Een so spesery is kaneel. Dit kan glad nie alleen geëet word nie. Daar was ’n paar jaar gelede ’n uitdaging op sosiale media hieroor. Niemand kon die kaneel alleen eet nie, dis walglik. So is dit ook in ons daaglikse lewe.

Net soos speserye geur aan kos gee, net so gee ons emosies die geur in ons lewe. Emosie is nie die lewe nie, dit help om geur daaraan te gee. Ons moet deur die Gees van God gelei word en nie deur ons emosies nie. Kom proe aan die Here en sien self dat Hy lekker is. – Danie Vrey

Wat beteken dit om die Here te proe en te sien Hy is goed?- Psalm 34:8.

Die woord “PROE” in Hebreeus is“ta’am”. Dit beteken om “te proe, om waar te neem, te eet”.

Hierdie is almal aktiewe woorde. Ons moet die volle goedheid van die Here ervaar.

Volgende keer as jy nagmaal gebruik vat die grootste stukkie brood wat aangebied word. Kou die broodjie, rol dit in jou mond en proe dit! Doen dieselfde met die wyn. Vra die Here om die broodjie en die wyn wat in jou maag verteer se goedheid te gebruik om jou liggaam te deurweek en te ver-ander. Elke sel in jou liggaam. Nie net geestelik nie, maar ook emosioneel en liggaamlik.

In The Forgotten Way Meditations skryf Ted Dekker:” You can know all about any person, but that doesn’t mean you know them. Even the demons know about God and it profits them nothing. You can know about an avocado and believe things about it by studying it and dissecting it and discussing it in a classroom ad infinitum. But you only know (as Jesus used the term) that avocado when you bite into it and taste it.”

Die woord “SIEN” in Hebreeus is “ra’ah”. Daar is baie betekenisse vir die woord soos: “waar te neem, visie te hê, om te kyk na, waar om na te kyk, te staar, om aandagtig na mekaar te kyk”.

Dit gee mens ’n mooi prentjie wat dit beteken om te proe hoe die Here is. Ons kan nie sien hoe goed Hy is tensy ons na Hom kyk nie. Dit is nie net ’n kykie elke nou en dan nie, maar om intensief en aandagtig na Hom te staar. Wow! Dis wonderlik! Die Here begeer ’n intieme verhouding met jou en my. Sy begeerte is vir ons om Sy goedheid te proe. As jy Hom soek, sal Hy jou vind.

Wat sê Google hieroor? What does taste and see that the Lord is good mean? “Taste and see that the Lord is good.” This psalm is an invitation to take God at His word, to trust in the Lord and expe- rience His goodness firsthand, to know God personally, realizing that He loves us more than we can imagine. The invitation is ours to receive, but it is also ours to extend.

Maniere waarop ons die Here kan proe en sien dat Hy goed is? – ibelieve.com

  1. Ons kan dit letterlik neem – Kyk om jou na die natuur en geniet Sy skepping. Neem ’n tree terug en geniet jou kos, kuns, musiek. Geniet jou vriende en vriendskappe. Dis ’n geskenk van die Here.
  2. Ons kan ook geestelik na die woorde kyk – geniet die vrug van die Gees in ons en ander. Groei in jou liefde vir Hom en vir ander, en vreugde om ander te bedien. Om tevredenheid in jou daaglikse lewe te vind.
  3. Ons kan fisies daarna kyk – As ek in ’n verhouding met iemand is, is ek mal daaroor om na die persoon te kyk, of om hom in die oog te hou. Ek hou daarvan om die persoon te soen en aan hom te vat. Al vryf ek net oor sy rug, of hou sy hand vas. Alles op die aarde is ’n refleksie van wat in die hemel is. Het jy al daaraan gedink dat Jesus ook daarvan hou om na jou te staar of aan jou te vat of selfs met jou te dans?

Dit klink snaaks as ons dit so stel, maar dit is waar. As jy lief is vir iemand en jy stap by ’n restaurant verby en daar sit die persoon en hou hande vas met iemand anders, wat gaan jou reaksie wees? Hoe gaan jy voel? Dit is hoe Jesus voel as jy jou oë van Hom af draai en na die wêreld se dinge kyk.
Baie keer sal mense satan bestraf en bind. Dit is om op sy koninkryk te fokus. Daar is natuurlik ’n plek vir dit, maar partykeer fokus die mense so daarop dat hulle die Here vergeet!

In Amerika, as die bank hulle tellers leer wat die verskil tussen egte en vals note is, volg hulle hierdie riglyn: Die tellers kry net egte note om te tel. Dis al wat hulle doen, hulle tel egte note, heeldag. Na ’n tydperk word daar vals note tus- senin gesit. Die tellers kan almal die verskil voel, want hulle weet wat die waarheid is en hoe ’n regte noot voel. Dieselfde prinsiep geld in ons geestelike lewe. As jy net op die waarheid fokus, sal jy weet as iets nie reg is nie. Dit is hoe die gees van onderskeiding werk. Leer alles wat jy kan oor God die Vader, klim op Sy skoot en leer Hom ken, druk en soen Hom. Leer alles wat jy kan oor Jesus, jou Broer. Dat Hy letterlik hel toe en terug is vir jou, en dat Hy dit enige tyd weer sal doen. Leer alles wat jy kan oor Lovely (die Heilige Gees), dat

Hy altyd daar is vir jou en alles wat Hy vir jou doen. Ek sal eerder in alle omstandighede vir die Here die eer gee en na Hom gaan voor ek die duiwel die eer gee. As my Vader vir my sê om die duiwel te bestraf, dan doen ek dit! So bly Hy in beheer en kry Hy al die eer. Dit is mos wat Jesus ook gedoen het, Hy het gesê dat Hy doen wat die Vader vir Hom sê.

Vir baie jare terwyl ek gebid het, sou ek skree, spring en die duiwel beveg. Het dit gewerk? Dit het nogal partykeer gewerk, maar ek was doodmoeg en gewond na die tyd. Eendag, terwyl ek op my Pa se skoot gesit het, het Hy my gevra “hoekom vra jy My nie om die oorlog vir jou te veg nie?”

That blew me away! Dit het my laat dink, as iemand aan my gesin vat, verander ek in ’n leeuwyfie.

Ek sal my hande af baklei vir hulle. Het jy ooit daaraan gedink dat God dieselfde oor jou voel?

Vandat ek my denkwyse hieroor verander het, het my lewe drasties verander. Elke keer as ek ’n probleem het, vra ek my hemelse Pa. Ek fokus op “the ONE TRUE GOD” en wanneer die “fake god” iets doen (gewoonlik baie sagkens), ken ek die verskil. Op hierdie manier is die geveg gewen voor dit nog begin het. Kom, kom proe aan die Here, soek Hom, en ervaar dit self.

My naam is Marthella van Dyk, my Pa is die Koning en Skepper van die heelal. Hy het my lief en ek is die appel van Sy oog. My naam is op die palm van Sy hand geskryf. Soek Hom, en Hy SAL jou vind. 1 Kronieke 16:11.