Hannelize Gertsner, eienaar van Holistic Training Studio, in Kerkstraat, Oudtshoorn hou ’n opwindende Kuier en Klets geleentheid op 11 Mei 2024, om 10:00.
Daar is slegs plek vir 20 persone, so bespreek sommer vandag nog jou plekkie.
“Die klas word doelbewus klein gehou sodat daar individuele aandag aan elke persoon geskenk kan word wat die sessie bywoon,” het Gertsner aan Die Hoorn verduidelik.
Daar is ook ’n 30 minute Pilates klas ingesluit, waarna ’n praatjie en demonstrasie oor die Pelviese vloerspiere, wat saam gaan met die kegel oefenbewegings daarvan.
Kom proe ook gerus CBD water. CBD, of cannabidiol, is die tweede mees algemene aktiewe bestanddeel in cannabis (dagga). Terwyl CBD ’n noodsaaklike komponent van mediese dagga is, is dit direk afkomstig van die hemp plant, ‘n neef van dagga, en word meestal vervaardig in ’n laboratorium. CBD veroorsaak dat gebruikers nie hoog word van hierdie produk nie.
Daarna gaan daar heerlik saamgekuier word met ’n welverdiende koppie koffie. Daar sal ook lekker pryse weggegee word tydens die praatjie.
Hierdie sal die eeste van vele kuier-en-kletsgeleenthede wees.
Om jou plek te bespreek, kontak gesus vir Hannelize by 082 401 9356 of Charlotte by 084 554 1153.