Deur Liesel le Roux
KIESERS woonagtig in Wyk 13 in Bridgton, Oudtshoorn gaan waarskynlik op 23 Mei stembus toe om ’n nuwe raadslid vir die wyk te verkies.
Dit volg na die onlangse dood van die wyksraadslid, Pieter Luiters (DA), wat die wyk sedert 2015 verteenwoordig het. Luiters was ook sy party se hoofsweep, lid van die burgemeesterskomitee en voorsitter van die strategiese dienste-komitee. Wyk 13 is in die sentrale deel van Bridgton geleë.
Die DA vra vandeesweek in ’n advertensie hieronder vir nominasies vir kandidate om die DA in die verkiesing te verteenwoordig. Alle besonderhede verskyn in die advertensie.
Nominasies sluit Dinsdag 20 Maart.