Die DA-leier, Mmusi Maimane, hier saam met die Groter Oudtshoorn se bur-gemeester, Colan Sylvester, tydens ’n besoek gister aan die Kango Grotte. Maimane, wat die brandrampgebiede langs die Tuinroete reeds die afgelope dae besoek het, het besluit om vinnig ’n draai op Oudtshoorn te kom maak toe hy besef het hy het nog tyd op hande. Maimane kon ook met die burgemeester gesels oor die situasie op Oudtshoorn en vordering met die herstelproses in die munisipaliteit. Foto verskaf