
Die 1,2 meter-lange Kaapse kobra wat onder Barrie Barnard se vrieskas weggekruip het. Foto verskaf
Deur Ilze-Mari Gründling
’N INWONER van Draaistraat in Oudtshoorn, Barrie Barnard, is verlede Dinsdagaand (21 Maart) deur ’n onwelkome gas verras.
“Ek was in die slaapkamer toe ek skielik my vrou hoor gil. Ons hond en voëls het ook so tekere gegaan, ek dog iemand was besig om my vrou aan te val. Toe ek na die sydeur gaan om te kyk, sien ek net ’n stert onder die vrieskas in verdwyn.”
Barnard vertel dat hy toe stadig die vrieskas geskuif het en gesien het dat ’n Kaapse kobra van sowat 1,2 meter lank onder die vrieskas gelê het.
Hy het Mornay Thysse van die Oudtshoorn Nooddienste en plaaslike slangvanger ontbied om die slang te verwyder.
Volgens Barnard vermoed hy die slang kom vanaf ’n oop erf skuins oorkant sy huis.