SMS’e van lesers

Ai, hoekom maak mense nie seker van hulle feite voor hulle kla nie? Rakende kunstenaars by KKNK (sms-klagte laas week), sien ek in my KKNK 2017-feesgids die name van Elvis Blue, Theuns Jordaan en Mathys Roets.
*****

Tania Smit, dit is ’n tipiese storie van Oudtshoorn-mense. Hoop nie jy beland ooit in dieselfde ­situasie nie.
*****

Liewe Pa Louis en Ma Miratio Nel, baie geluk met julle 65ste huweliksherdenking! Ons is trots op julle! Lief vir julle. Romana Strasheim
*****

Ek hou self daarvan dat my erf skoon moet wees en ek hou dit skoon, maar wie gee sekere mense die reg om ander met vuil erwe te dreig dat hy hulle adresse in die koerant gaan sit. Kry iets beter om te doen of vee eers voor jou eie deur.
*****

Ek besef dis die “in ding”’. Ek sal self nie sommer ’n koerant op die internet lees nie. Vandat ek kan onthou, lees ek al boeke en koerante van hoek tot kant! Desember vyf jaar oud geword, Januarie in skool – toe het ek al die voorreg gehad om te leer lees, dit te geniet en kennis op te doen. Ek het grootgeword in ’n huis van sewe waar almal lief was vir lees! Oudtshoorn se agtste biblioteek, waaraan ek behoort, maak my bly om te sien hoe goed dit ondersteun word! Ek was vyf jaar plus betrokke by Die Hoorn se verspreiding. Ek is al 63 jaar ’n boekwurm. Isabel
*****

Ek is in my skik met die bou van die nuwe hoofroete op Oudtshoorn. Die pad sal die verkeersdruk na en van Oudtshoorn verlig en meer veilig wees vir padverbruikers. Dankie aan al die rolspe­lers, Oudtshoorn Munisipaliteit en die Wes-Kaapse regering vir hul deelname tot volgehoue werkskepping en ekonomiese ontwkkeling binne die Groter Oudtshoorn. Florencia Cooper
*****

Die ANC van Oudtshoorn het in ’n diepe slaap gegaan en jy kan nie eens sê dat dit ’n winterslaap is nie. Dit is onwaarskynlik dat hy weer wakker gaan skrik, want die leiers snork die hardste.
*****

Ons wil ’n baie ernstige klag lê oor die groot hope sand wat naby ons huise in Rademeyerstraat is. Ons bly siek van die stof en ons huise is vol stof. Sal dit baie waardeer as daar opgetree kan word. Sinuslyer
*****

Die 100 dae-herstelplan van paaie is iets van die verlede terwyl die pad nogsteeds baie sleg lyk bo- op Randstraat se hoek in De Rust, asook sekere dele in Blomnek (oor die algemeen). Nou wonder ek wat die munisipaliteit se verskoning nou weer gaan wees?
*****

Sal die mense wat so kla oor die vliegtuie, ­asseblief die dorp verlaat! Bennie
*****