
Die bekende karakters Mietie, Veldsman en Genis. Foto: Robert Hamblin
VYF lesers van Die Hoorn staan vandeesweek die kans om dubbelkaartjies te wen na een van die hoogtepunte by vanjaar se KKNK, die verhoogproduksie van PG du Plessis se legendariese Koöperasiestories.
Beantwoord die vraag onderaan en sms die korrekte antwoord met jou naam en van na 073 217 7089. Sluitingstyd Vrydag (24 Maart) om 12:00. Die name van die vyf wenners sal deur ’n gelukkige trekking uit die korrekte antwoorde getrek word. Slegs een sms per persoon.
Du Plessis se bekende stories speel af in ’n kleindorpse omgewing. Dis ’n vorige era, maar soos tipies aan al sy werk, is die karakters en hulle probleme tydloos. Ons herken onsself in die skynheiligheid, geskinder en onderlinge twis van die karakters. Onderliggend bly egter die deernis. Dis volksteater, vol lag en bietjie traan.
Marion Holm is saam met Chris van Niekerk, Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla), die veelsydige Wessel Pretorius en Carel Nel te sien in die rolverdeling.
Koöperasiestories is vanaf 8 tot 15 April by die Hoërskool Oudtshoorn-saal te sien. Kaartjies by Computicket, Checkers en House & Home.
• Beantwoord die volgende vraag en wen dalk ’n dubbelkaartjie: Wie is die skrywer van die oorspronklike Koöperasiestories?