Ystervarke is vanjaar gewilde besoekers aan tuine op Oudtshoorn, vermoedelik as gevolg van die droogte. Hierdie ystervark is verlede week deur Johan Fourie van Wesbank gevang nadat sy nag na nag aan sy botterskorsies kom weglê het. Die ystervark is in die veld buite die dorp vrygelaat. Foto: Liesel le Roux