Wenner van die Rooikruis-lootjietrekking

Amanda Eysvogel (voorsitter Rooikruis Oudtshoorn), Lhuwaan Meyer en John Nicholas (sekretaris).

Baie geluk aan Lhuwaan Meyer, die gelukkige wenner van die airfryer in ons Rooikruis-lootjietrekking. Ons wil graag ’n opregte dankie uitspreek aan elke persoon wat ’n lootjie gekoop het, want danksy julle ondersteuning kan die Rooikruis nou belangrike projekte in ons gemeenskap versterk.

Die fondse sal aangewend word om die Irma Bruschi iterim huis in George van voedselpakkies en doeke te voorsien, om ons plaaslike kliniek gedurende die winter met ’n sopprojek te ondersteun, asook om wol aan te koop vir die brei van mussies en truie vir kleuterskole. Verder help dit ons om voedselpakkette aan behoeftige gesinne te verskaf.

Ons sê hartlik dankie dat julle saam met ons ’n verskil help maak, en hou gerus dop – daar is nog opwindende kompetisies en lootjies op pad.