
SWD Krieket het 2500 liter water geskenk aan De Rust wat met ‘n tekort aan water sit weens die dorp se waterbron wat weens die groot brande in die Swartberge met roet besoedel is. Die krieketunie het die steun van klubs en ander instellings gehad met die projek om water aan De Rust te verskaf. Zenobia Nel (agter tweede van regs), menslike hulpbronadministrateur van die unie.

Vind aangeheg ‘n foto – Nadat die Laerskool Wesbank van die waterkrisis op De Rust gehoor het, het die skool se leerders ‘n projek geloods en ‘n bakkie vol water vir die Laerskool De Rust ingesamel. By die leerders is agter van links Louis Lategan (adjunkhoof), Plaatje Le Roux (terreinwerker) en Waldo Cloete (skoolhoof).