’N 55-JARIGE man van die plaas Opsoek in Ladismith het Maandag in die Ladismith Landdroshof verskyn op aanklag van handeldryf in dwelms.
Die man is Saterdag (28 Januarie 2017) om 17:00 deur die Ladismith Polisie in hegtenis geneem nadat die Polisie sy perseel te Opsoek deursoek het.
Beslag is op 14 daggabome wat sowat 1,5 m hoog was, gelê.
Volgens die woordvoerder van die Ladismith Polisie, ao Jan Cederas, was inligting van die gemeenskap deurslaggewend vir die inhegtenisname.
Die hoof van sigbare polisiering, kapt Henry Edwardes, het die polisiebamptes geloof vir hul harde werk en toegewydheid.
Hy het die publiek aangemoedig om dwelmsmokkelary te rapporteer. Inligting sal vertroulik hanteer word.