Vrou skuldig aan menseroof

Toekomsrus Kliniek Leshay Billy

Deur Garnett Wicomb
DIE jong vrou wat ‘n baba by die Toekomsrus Kliniek op Oudtshoorn gesteel het, is die afgelope Vrydag in die Oudtshoorn Streekhof aan menseroof skuldig bevind en die saak is vir vonnisoplegging tot volgende maand uitgestel.

Sintie September (22) het skuldig gepleit op die klagte dat sy op 27 Oktober verlede jaar die seweweke-oue Lashay Billy van die kliniek na haar woning geneem het. Sy het met haar borgaansoek erken dat sy ‘n fout gemaak het.

Die kind het die betrokke dag verdwyn nadat haar ma haar in die sorg van ‘n vriendin gelaat het. Die vriendin het die baba ‘n rukkie later vir September gegee om na te kyk.

September is nog dieselfde aand in ‘n huis in Bongolethu in hegtenis geneem.

Streeklanddros Daniel Boks het vonnisoplegging vir proefbeampte- en korrektiewe toesigverslae tot 20 Maart uitgestel en September se borgtog van R500 tot dan verleng.