Verloofring pryk aan Mia se vinger

Mia le Roux en Luke ten Oever. Foto: garrethbarclayphoto

Oudtshoorn se liefling en die huidige Mej SA, Mia le Roux, het die week die groot nuus aangekondig dat sy en haar kêrel van vier jaar, Luke ten Oever, verloof geraak het.

Mia het die nuus die week op haar instagram-profiel gedeel en dit is dadelik landwyd op sosiale media en in die media opgeraap en gedeel.

“Alhoewel ons reeds ’n geruime tydjie verloof is, het ons saam besluit om eers die opwinding vir onsself in ons eie bubble te geniet, voor ons dit met almal wou deel,” lui haar inskrywing.

Boodskappe van gelukwensing het van oral af vir die paartjie begin ingestroom.

Baie geluk Mia en Luke, asook jou ouers, Schalk en Liesel le Roux, voormalige eienaars van Die Hoorn. Ons is saam met julle opgewonde oor die wonderlike nuwe hoofstuk wat voorlê.