Vergadering skuif vir ‘sekuriteitsredes’

Deur Liesel le Roux
DIE  maandelikse raadsvergadering van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit vind om “sekuriteitsredes” môre (Vrydag, 29 Junie) nie soos gewoonlik in die raadsaal in die munisipale gebou plaas nie.

Dit volg nadat ’n spesiale raadsvergadering op Vrydag, 8 Junie, so deur rumoerige inwoners ontwrig is dat daar nie met die vergadering en besluitneming voortgegaan kon word nie.

Dit is nie bekend of die gedrag van inwoners ’n rol gespeel het in die “sekuriteitsredes” nie.
Kennisgewings van Die Hoorn dui aan dat die raadsvergadering na ’n lokaal by die Buffelsdrift Game Lodge verskuif.