Konst Jolene Botha en konst Andre Saptouw met die dagga. Foto verskaf
’N 34-JARIGE man van Bergsig in Calitzdorp het vlugtig in die Ladismith Landdroshof verskyn op ’n aanklag van die handeldryf in dagga.
Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, het lede van die sigbare polisiëringseenheid Sondag omstreeks 22:06 inligting opgevolg en ’n wit taxi wat op pad was na Oudtshoorn op die R62 gestop en deursoek. Sowat 20 kg dagga versteek in ’n kartondoos is in die taxi gevind waarop ’n man erken het dat dit sy dagga was.
Die waarnemende hoof van die eenheid, ao Isaac Kamfer, het die die polisiebeamptes geloof vir hul vasberadenheid om dwelms uit te roei en die gemeenskap aangemoedig om inligting aan die Polisie te verskaf. “Inligting sal vertroulik hanteer,” het hy gesê.