Deur Garnett Wicomb
DIE vonnisoplegging van ’n vrou van Oudtshoorn wat haar lewensmaat met ’n mes in die nek gesteek waarna hy gesterf het vind vandag plaas. Daphne Dondas (35) is aan strafbare manslag skuldig bevind.
Sy het aanvanklik tereg gestaan op ’n klagte van poging tot moord en het erken dat sy op 10 Junie verlede jaar die 34-jarige Arnold Titus in hul woning in Bongolethu met ’n mes gesteek het nadat hy haar glo herhaaldelik met ’n sambok geslaan en gedreig het om haar met ’n swaard te steek.
Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, het die hof vir direkte gevangenisstraf gevra omdat Dondas aan ’n ernstige misdryf skuldig bevind is en nie juis enige berou toon nie.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni.