Skoonheidsalon loop naweek deur onder diewe

Deur Angelique Erasmus
’N Skoonheidsalon in St Johnstraat, Oudts­­hoorn, Lifestyle and Beauty, het die naweek onder diefstal deurgeloop.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is daar ’n skootrekenaar gesteel.

Die waarde daarvan is sowat R6 500.

Christa Gorgens, een van die werknemers van die salon, sê daar ook verskeie ander items soos haartange en krullers gesteel.

Dit blyk dat die vermeende dief toegang tot die perseel verkry het deur die venster te breek en so toegang tot die perseel bekom het.

“Dit was ’n groot skok toe ek Maandag by die werk kom en sien die venster is oop en die toerusting is weg,” vertel Gorgens.

Teen druktyd gister was geen van die ge-steelde goedere terug-gevind nie.