Seweweekspoortpiek in die mooi Klein Karoo

Die asemrowende gesig Sondagoggend vanuit ’n oornaggrot naby die Seweweekspoortpiek by Ladismith, die hoogste bergpiek in die Wes-Kaap. Ver regs op die foto is Morné Pienaar van Oudtshoorn. Vier Oudtshoorniete (Morné, Johan Uys, David en Natasha Fourie) en ses ander bergklimmers uit die Wes-Kaap het die piek die naweek uitgeklim – hulle het Donderdagmiddag begin en Saterdag tot by die piek geklim. Nog ’n foto op Foto van die Week. Foto: Johan Uys