SAFFI hou wegbreek geleentheid met 12 spirituele leiers

Foto: Verskaf

Die South African Faith and Family Institute (SAFFI) het vanaf 20-22 Augustus 2024 ’n wegbreek geleentheid vir 12 lede en spirituele leiers gehou by ’n plaaslike hotel.

Die doel van hierdie wegbreek was om Oudtshoorn lede wat daagliks met gemeenskappe werk waar daar groot nood verkeer, asook probleme met gesinsgeweld, ’n welverdiende blaaskans te gee.

Elizabeth Hoorn Petersen, Stigter en Uitvoerende Direkteur van SAFFI, wat in Kaapstad geleë is, het aan Die Hoorn vertel dat die organisasie se doel is om ’n gekoördineerde, multisektorale, kultureel bekwame herstellendegeregtigheidsreaksie op geweld teen vroue en kinders te bevorder.

Hulle verskaf hulpbronne aan godsdienstige leiers, instellings en geloof gemeenskappe, asook slagoffers van geweld sodat die oortreders aanspreeklik gehou kan word en dat genesing plaasvind in gesinne en individue wat deur die geweld geraak word.

Hul MAD (Men Affirming Dignity) projek is in 2021 geloods waarin die perspektief dat meeste mans gewelddadig uitdaag word. Hulle hoop ook om deur hierdie projek aan mans waardigheid te bring, sodat emosionele letsels wat dalk deur die verlede aangerig is te kan help genees. Om betrokke te raak of aan te sluit by SAFFI, kontak gerus vir Nelson Dyantjie by 071 725 4401 of pastoor Willie Coetzee by 082 789 1639, of kontak die hoofkantoor in Kaapstad: 021 462 2277. Indien u eerder ’n e-pos verkies: programs@saffi.org.za of socialworker@saffi.org.za.