Baie inwoners van die Klein Karoo en Karoo het hulle verlede Vrydagaand verwonder aan die totale maansverduistering – die langste hierdie eeu. Hoewel die wolke bokant Oudtshoorn en elders in die Klein Karoo soms die maan versper het, kon Angelique Erasmus van Die Hoorn wel die foto’s onder van die veranderende maan neem. Die groot foto (bo) wys die volle maansverduistering, terwyl die foto onder geneem is voor die maansverduistering en die heelonder ’n ruk nadat die maansverduistering begin het.

