Reinecke dien klag in van aanranding
Deur Liesel le Roux
’N INWONER van Calitzdorp, Chrissie Reinecke, is vandeesweek in die Mediclinic Klein Karoo op Oudtshoorn behandel nadat sy Saterdag na bewering deur ’n man in Wesoewerlaan, Calitzdorp aangerand en deur sy hond gebyt is.
Volgens Chrissie het sy Saterdag met haar hondjie gaan stap toe die voorval plaasgevind het. Sy is die eggenoot van Bob Reinecke, ’n bekende inwoner van Kannaland.
Bob het Dinsdag gesê sy vrou het verskeie beserings opgedoen en dat sy baie ontsteld was na die voorval.
Kapt Anna May, stasiebevelvoerder van Calitzdorp, het gister gesê die Calitzdorp Polisie ondersoek’n saak van aanranding (gewoon) nadat Chrissie ’n klag by die polisie ingedien het en ’n verklaring afgelê het.
“Volgens haar verklaring is haar bril van haar oog afgeklap deur die verdagte,” het May gesê.