Prins Alberters gevra om water te spaar na flitsvloed se vernietiging

Swartberg pas 1

So lyk die Swartbergpas tans. Foto's verskaf

So lyk die Swartbergpas tans. Foto’s verskaf

INWONERS van Prins Albert word versoek om watergebruik te beperk en nie tuine nat te maak nie.

Dit volg nadat ’n wolkbreuk omstreeks 19:00 Sondagaand oor die Swartbergpas ’n flitsvloed veroorsaak het en groot skade aan Prins Albert se watersuiweringswerke aangerig en stormwater in reservoirs beland het. Sowat 30 tot 60 mm reën het na skatting in ’n baie kort tydperk geval.

Vyf van die nege boorgate op die dorp is steeds buite werking met die watertoevoer van vier boorgate na die reservoirs wat intussen herstel is. Die toegang tot van die boorgate in die Swartbergpas is ook vernietig aangesien die Swartbergpas tot by Tweede Water beskadig is.