Polisie soek man wat help op toneel van tref-en-trapongeluk

 

Die Oudtshoorn Polisiekantoor.

Die Oudtshoorn Polisiekantoor.

Die Oudtshoorn Polisie vra hulp van die publiek na ‘n tref-en-trapongeluk in die vroeë oggendure Maandag in Voortrekkerweg. Die polisie wil graag ‘n persoon opspoor wat hulle bygestaan het op die toneel en ‘n bakkie wat by die ongeluk betrokke was, se registrasienommer aan hulle kon gee.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het ‘n wit GP-bakkie ‘n persoon tussen Hoog- en Baron van Reedestraat omgery en weggejaag. “Die registrasienommer van die bakkie is deur ‘n persoon met ‘n wit Golf aan ons verskaf, maar ongelukkig weet ons nie wie dit is nie.”

Visser sê die polisie ondersoek ‘n saak van roekelose of nalatige bestuur na aanleiding van die voorval.

Enigiemand wat weet wie die persoon is of hyself word versoek om kapt Deon Bouwer by 082 302 4395 te skakel.