’n Familie van Ladismith is die week geruk deur die dood van ’n 18-jarige vrou en haar oom in twee onverwante botsings op dieselfde dag. Marinique Hendricks (18) is verlede Donderdag in ’n botsing op die pad tussen Ladismith en Riversdal oorlede, en haar oom, past Bennett Julius (50), in ’n botsing op die R62 tussen Calitzdorp en Oudtshoorn (foto’s bo) Foto verskaf
DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n klagte van roekelose en nalatige bestuur nadat twee motors Saterdag (29 Februarie 2020) betrokke was in ’n botsing op die hoek van Voortrekkerweg en Middelweg op Oudtshoorn, voor Oudtshoorn-Wes Handelshuis.
Volgens sers Gretchen Michaels, polisiewoordvoerder, het die voertuie gebots toe die Toyota Avanza ’n U-draai in die pad gemaak het. Michaels kon nie die bewerings van verskeie inwoners op Facebook dat die Mercedes vroeër die dag teen ’n hoë snelheid in die dorp gery het, bevestig nie.
Volgens haar sal die bewerings ondersoek word tydens die polisieondersoek.
Die donkerblou Mercedes, wat geen nommerplate het nie, se lugsakke het tydens die botsing ontplooi.
Die bestuurder van die Avanza, James Bruiners, het erg seergekry tydens die botsing, maar is volgens Nadia Ferreira, woordvoerder van die Wes-Kaapse Departement Gesondheid, na behandeling in die noodeenheid van die Oudtshoorn Hospitaal ontslaan.
