Plaas vullis in houers asb, vra Sylvester

So mors Inwoners reg langs ’n grootmaat-vullishouer wat tot hule beskikking is om vullis in te gooi. Die burgemeester het die week ’n beroep op inwoners gedoen om vullis in die houers te gooi. Foto verskaf deur die Oudtshoorn Munisipaliteit.

DIE burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Colan Sylvester, het dié week ’n pleidooi gerig aan inwoners om hul tuinvullis en afvalrommel in die grootmaat-vullishouers te gooi wat die munisipaliteit op strategiese plekke plaas – en nie langsaan die houers soos baie inwoners doen nie.

“Vir u eie gesondheid en veiligheid; kom ons hou die Groter Oudtshoorn netjies,” het hy gevra.

“Dit het onder ons aandag gekom dat ons inwoners nie weet waarom die grootmaat-vullis­houers op strategiese plekke in die dorp, Bridgton, Toekomsrus, Bongolethu, Dysselsdorp en De Rust geplaas word nie,” het Sylvester gesê.

“Die vullishouers is vir tuinvullis en ander afvalrommel. Moet asseblief nie gewone huisvullis daarin gooi nie.

“Vir daardie doel deel die munisipaliteit gereeld swartsakke uit en ry die vullistrok op vasgestelde dae om vullis in al die woonbuurte te gaan oplaai.”

Sylvester het bygevoeg dat die samewerking van die inwoners sal verseker dat “ons van die Groter Oudtshoorn ’n dorp kan maak waarop ons trots kan wees.”