
Die Oudtshoorn Padel het amptelik op 4 Februarie hul opening gehad. Vandat hulle oop is, bly die blou bane lekker besig. So, vir die wat nie weet nie, hier is presies wat jy moet weet oor die sport wat oornag populêr geword het.
Die sportsoort is ’n kombinasie van tennis en muurbal. Dit word hoofsaaklik in pare gespeel, in ’n kleiner baan wat omhein is deur draad en glas.
’n Spesiale raket en tennisbal word gebruik, en ’n bal moet een maal hop wanneer dit oor die net geslaan word.
Die glas en heining mag ook gebruik word om die bal terug te speel na die opponente. ’n Spel bestaan uit ’n sekere voorafbepaalde hoeveelheid punte, en die span met die meeste punte wen. Wanneer die totale punt bereik word, is die spel verby.
Een spel is gewoonlik sowat 15 minute lank, en ’n baan word ’n minimum van een uur bespreek.
Die Hoorn het al twee keer op die padelbane gaan speel, en elke keer was dit ongelooflik baie pret gewees.
As jy nie ’n padelraket het nie, kan een by die Oudtshoorn Padel gehuur word, en die pryse is baie billik.
Bane word bespreek deur die selfoontoep Playtomic en word ook so betaal. Daar word ook lekker opwindende toernooie gereël.
Hier volg ’n lys vir spelers wat hul vermoëns wil toets:
Maandagaand – besigheidsliga – 17:00 – 20:00.
Dinsdagaand – Dames Americano – 18:00 – 20:00.
Donderdagaand – Mixed Americano -18:00 – 20:00.
Vrydagaand – Mans Americano – 18:00 – 20:00.
Saterdag – Mixed Americano – 18:00 – 20:00.
Americano – Hierdie is agt rondtes, wat in twee ure gespeel word. Elke persoon kry ’n beurt om saam met elke speler te speel as spanmaat, maar ook om teen elke speler as opponent te speel. Dit is groot pret en enigiemand kan saamspeel.