Oudtshoorniet wen Suzuki-motor

Nigel Claassen van Oudtshoorn is die gelukkige wenner van hierdie Suzuki. Die kompetisie is aangebied deur Debonairs, in samewerking met Coca-Cola en Bidvest Automotive.

Op die foto staan Claasen saam met sy vrou, Leeanna, en hul twee kinders by die pragtige voertuig. Die oorhandiging het plaasgevind op Vrydag, 29 Maart, voor Debonairs by die Queen’s Mall. Foto: Lindi Brill