Oudtshoorn wen Landelike Polisiekantoor van die Jaar!


Die Oudtshoorn SAPD is by die jaarlikse Wes-Kaapse Prestasietoekennings op Saterdag 27 Oktober in Kaapstad aangewys as die Landelike Polisiekantoor van die Jaar! Oudtshoorn se Gemeenskappolisieforum (GPF) was tweede plek behaal in die kategorie vir polisieforums terwyl ao Jakes Jacobs ook tweede was in die kategorie vir persone met gestremdhede. Hier is brig Levona Januarie saam met haar span. Foto verskaf