Oudtshoorn se straatname verander so


DIE departement van sport, kuns en kultuur het pas bekend gemaak dat verskeie straatname in Oudtshoorn verander gaan word vanaf 1 April 2021.

Hierdie maak glo deel van die regering se poging om straatname meer verteenwoordigend te maak.
Die volgende straatname gaan terugverander word in die oorspronklike Engelse straatname: Baron van Reedestraat word Queen Street, Langenhovenweg word George Road, Voortrekkerweg word Market Road en Jan van Riebeeckweg word Western Road.

Inwoners het 30 dae om beswaar aan te teken teen die naamsveranderinge.
Indien u beswaar wil aanteken teen die naamsverandering, kan u die volgende nommer skakel: 027 745 3665 A-p-r-i-l–F-o-o-l (Deur Heinrich Bosman)