Oudtshoorniete kry op 18 September 2026 die geleentheid om hul aandrokke en formele pakke uit die kas te haal vir die Oudtshoorn Vaardigheidskool se Maskerbal.
Met ’n fynproewersete wat noukeurig voorberei en bedien word, smaakvol gedekte tafels en ’n dansvloer waar gaste onder die sterre kan dans, beloof die Maskerbal om ’n uitsonderlike toevoeging tot Oudtshoorn se sosiale kalender te wees.
Die geleentheid word as ’n fondsinsameling ten bate van die Vaardigheidskool en sy leerders aangebied. Plaaslike ondernemings word aangemoedig om hul ondersteuning te wys deur ’n tafel te bespreek. ’n Tafel vir agt mense kos R2 000.
Die tafelopsie is ideaal vir ondernemings wat personeel, kliënte of sakevennote wil onthaal en terselfdertyd die Vaardigheidskool wil ondersteun.
Indien ’n volle tafel nie benodig word nie, is kaartjies ook vir paartjies en individue beskikbaar.
Kaartjiepryse:
- Tafel vir agt mense: R2 000
- Paartjie: R500
- Individuele kaartjie: R300
Datum: 18 September 2026
Kaartjies en tafelbesprekings is beskikbaar by die Oudtshoorn Vaardigheidskool en Die Hoorn se kantoor.
Oudtshoorn Vaardigheidskool: - Telefoon: 044 272 6054
- Selfoon: 084 728 1083
- E-pos: oudvskool@gmail.com
Die Hoorn: - Kantoor: 044 272 5605
- Angelique Erasmus: 076 606 2554
- E-pos: redaksie@hoorn.co.za
Bespreek vroegtydig, haal die aandrok of formele pak uit die kas en maak gereed vir ’n uitsonderlike aand in Oudtshoorn.
