Na 21 jaar in die eiendomsbedryf kan daar met reg gesê word dat Renier Heunis vanjaar sy “mondigwording” vier.
Vir meer as twee dekades help hy reeds mense om hul plek in die Klein Karoo te vind – hetsy ’n eerste huis, ’n beleggingsgeleentheid, kommersiële eiendom of ’n plaas onder die Klein Karoo-son.
Renier is ’n bekende gesig in Oudtshoorn en die omliggende gebiede en is tans die dryfkrag agter Team Renier, wat onder die RealNet RainMaker-handelsmerk funksioneer.
Die RainMaker-model bied ervare eiendoms-praktisyns die geleentheid om onafhanklik te werk en hul eie onderneming en span onder die RealNet-vaandel uit te bou. Renier bou dus reeds 21 jaar aan sy eie handelsmerk en kliëntebasis, terwyl hy die ondersteuning en blootstelling van ’n gevestigde nasionale eiendomshandelsmerk geniet.
Hoewel verskillende plaaslike eiendomspraktisyns aan RealNet verbonde is, funksioneer hulle onafhanklik van mekaar. Renier staan aan die stuur van RealNet RainMaker Team Renier en werk onder sy eie naam om sy eie span verder uit te bou.
Vir dié groot rugbyondersteuner is die eiendomsmark nie veel anders as ’n belangrike wedstryd nie: dit verg die regte strategie, goeie voorbereiding, spanwerk en iemand met genoeg ervaring om die speelveld te ken.
Soos Renier dit stel: “Die skrum is die fondasie vir die Bokke – maak my die fondasie vir jou transaksie.”
Renier ken die plaaslike speelveld, weet wanneer om ’n geleentheid raak te sien en is nie bang om in die doodsnikke, ’n laaste drie vir sy kliënte oor die wenstreep te druk nie. Ná 21 jaar weet hy dat ’n suksesvolle eiendomstransaksie nie net oor die eindtelling gaan nie, maar oor elke beweging wat die koper en verkoper tot daar bring.
Daarom nooi hy voornemende kopers en verkopers uit om saam met hom oor hul eiendomsbehoeftes te laat “dinkskrum”.
“Net soos op die rugbyveld gaan dit oor die regte plan, die regte span en ’n wenstrategie. Ons speel om te wen,” sê hy.
Renier bied onder meer ’n gratis markontleding, doelgerigte bemarking en ’n kliëntgesentreerde diens. Sy 21 jaar se markbewustheid, diepgaande kennis van die Klein Karoo en gevestigde netwerk help hom om die regte aanslag vir elke eiendom te bepaal.
Met sy oorspronklike slagspreuke en goeie sin vir humor slaag Renier daarin om die soms ernstige wêreld van eiendom ’n meer persoonlike aanslag te gee.
Agter dié ligter aanslag skuil egter meer as twee dekades se ervaring, deeglike voorbereiding en ’n sterk fokus op resultate.
Hy spesialiseer in die verkoop van residensiële, kommersiële en landbou-eiendomme en verstaan dat die koop of verkoop van eiendom vir die meeste mense een van die grootste besluite van hul lewe is.
Wanneer die verkoop van ’n eiendom dus soos die Swarberge voor ’n mens lê, is Renier se boodskap eenvoudig: “Laat ek help.”
Vertroue, eerlike kommunikasie, plaaslike kennis en persoonlike diens vorm die grondslag waarop hy Team Renier bou. Op 21 is Renier se loopbaan beslis mondig – maar hy is nog lank nie klaar gebou nie.
Renier bedank graag al die kopers en verkopers wat hom oor die afgelope 21 jaar met hul eien-domstransaksies vertrou en ondersteun het. Hy spreek ook sy waardering uit teenoor RealNet se uitvoerende hoof, Gerhard Kotzé, en Yolanda Schubert,
Algemene Bestuurder van RealNet, vir hul volgehoue ondersteuning, leiding en raad.
’n Spesiale woord van dank gaan aan Susan Marée van Kango Eiendomme, wat 21 jaar gelede vir Renier sy eerste kans in die eiendomsbedryf gegee het.
Dié geleentheid het die grondslag gelê vir ’n loopbaan wat vandag, meer as twee dekades later, steeds sterk voortduur.
“Laastens, en die belangrikste, dank ek die Here Jesus Christus. Sonder Hom is ek niks, en sonder Sy genade sou hierdie pad nie moontlik gewees het nie,” sê Renier.
Met Team Renier staan hy gereed vir die volgende afskop, die volgende eiendom en die volgende kliënt wat hul eie stukkie Klein Karoo wil koop of verkoop.
Kontak Renier gerus vandag nog by 084 636 1725, of stuur ’n e-pos, renierh@realnet.co.za. Besoek ook hul webwerf, www.realnet.co.za, om jou droomhuis te vind.
