
Telkom-gekontrakteerde werkers is die week opgemerk waar hulle veselkabel op Oudtshoorn lê. Foto: Ilze-Mari Gründling
Deur Ilze-Mari Gründling
INWONERS kan uitsien na vinniger internet-spoed in Oudtshoorn.
Telkom- gekontrakteerde werkers lê tans optiese veselkabel in van Oudtshoorn se strate. Veselkabel bestaan uit haardun pypies van glas of plastiek. Data word deur hierdie pypies gestuur deur ligseine.
Veselkabel maak vinniger internet moontlik.
Volgens Jan du Toit, hoof sub-kontrakteur, word die veselkabel tans in Hoogstraat gelê en sal dit van daar af uitgebrei word.
“Van hier af werk ons tot verby die Oudtshoorn Inn en dan werk ons in die teenoorgestelde rigting deur die middedorp tot by Voortrekkerweg. Binnekort sal Oudtshoorn se internet baie verbeter.”