TEMPERATURE het gister volgens die SA Weerdiens tot 43,5 grade C op Oudtshoorn gestyg, terwyl die iweathar wat temperature volgens ’n ander skaal meet, die maksimum temperatuur as 45,8 grade C gemeet het.
Die Kaapse Weerkantoor van die SA Weerdiens het Dinsdag voorspel dat Oudtshoorn gister die warmste dorp in die land sou wees.
’n Waarskuwing is ook uitgereik vir ’n moontlikheid van brande in die Klein Karoo.
Wayne Venter van die SA Weerdiens het gesê hoewel die Weerdiens ’n temperatuur van 43 grade C vir gister op Oudtshoorn voorspel het, was die aanvoelbare temperatuur waarskynlik hoër.