Oudtshoorn Besigheidskamer reik verklaring uit

Sakekamers funksioneer as tussengangerorganisasies tussen individuele firmas en plaaslike rolspelers, soos plaaslike regering.

Sakekamers het die volgende hoofrolle in ekonomiese ontwikkeling: a. Fasiliteerder, b. Koördineerder, c. Aktiveerder, d. Stimuleerder, e. Ontwikkelaar. Binne hierdie oorhoofse doelwit is die hoofrolle van ‘n Sakekamer: leierskap in koördinering van plaaslike rolspelers, vorming van vennootskappe, netwerkvorming en bevordering van lede, kommunikasie en inligtingvloei en besigheidsondersteuning en opleiding.

Om uitvoering te gee aan ons mandaat het ons ‘n formele vergadering ten opsigte van hoë belastingstariewe, met die Oudtshoorn Munisipaliteit belê waar daar slegs Oudtshoorn Besigheidskamerlede teenwoordig mag wees.

Indien daar wel ’n formele drukgroep gestig word, sal ons dit ondersteun deur ’n platform te skep om kommunikasie met die Oudtshoorn Munisipaliteit te verkry.

Die Oudtshoorn Besigheidskamer distansieer hom van persone of instansies wat buite die wet of radikale optredes beplan vir 10 Augustus 2023.