Omvang van brandskade

ONDANKS bespiegelinge, is daar geen sekerheid oor hoe die brand begin het wat in Desember groot gebiede tussen die Rust-en-Vredewaterval en Meiringspoort in puin gelê het nie.

Herman Pieters, senior woordvoerder van die Eden Distriksmunisipaliteit, sê al wat met sekerheid vasgestel kon word, is dat die brand by ’n piekniekplek by die Rust-en-Vredewaterval ontstaan het.

Hy sê die brand het ’n allemintige gebied van sowat 25 km by 19 km in puin gelê.
Volgens Pieters het die bergagtige terrein, hoë temperature en bergwinde dit vir die brandspanne baie moeilik gemaak om die vlamme onder be­dwang te bring.

“Brande versprei gewoonlik vinnig berg-op in bergagtige gebiede.

“Die brande in dié bergagtige gebiede was moeilik om te beheer omdat dit moeilik toeganklik was vir die brandspanne en ook risiko’s ingehou het vir die lugspan.”

Verskeie brandbestryderspannne was betrokke by die bestryding van die brande.

Dit sluit spanne van die Eden Distriksmunisipaliteit, die Oudtshoorn Brandweer, CapeNature, Working on Fire, Eskom en ’n lug-brandbestry­dingskontrakteur in .