SMS’E VAN LESERS

• SMS na 073 217 7089. • Beledigende of lasterlike SMS’e word nie geplaas nie. • SMS’e weerspieël die standpunt van die afsender en nie die van Die Hoorn nie. • SMS’e met klagtes oor besighede moet die sender se naam bevat en dit sal aan die besigheid voorgelê word vir reaksie. • SMS’e langer as 60 woorde sal verkort word.

Voel so trots om die skooluitslae van die Oudts­hoorn-area raak te lees in Die Hoorn. Daarmee wil ek Hoërskool De Rust uitsonder asook hul hoof. Mnr van der Ross, jy en jou personeel is julle sout werd, en die suksesse kan mens aan jou leierskap meet. Jy is inderdaad ’n man van inbors. Hou aan met die goeie leiding en spantoewyding. Julle verdien ’n applous.
*****
As ons tonge eerder van glas gemaak was, sou ons twee keer gedink het voordat ons ons monde oor ander mense uitgespoel het. Egskeidings, dood, persoonlike probleme en foute in die lewe maak, is menslik. Hoekom jou daaraan verlekker en iemand oordeel as jy niks van die situasie af weet nie? Raai wat. Net God mag ons eendag oordeel. Is jou plekkie reg? Anti-Skinder.
*****
Why are municipal bylaws on street advertising not being enforced? The scale of visual pollution in a town relying on historic identity for tourism is unacceptable. Businesses have adequate platforms for advertising in local newspapers. Where street advertising is permitted it should be a source of revenue for the municipality.
*****
As inwoner van De Rust voel ek net om dankie te se vir die Groter Oudtshoorn munisipaliteit (burgemeesterskomitee) dat julle die moeite gedoen het om die inwoners van De Rust te kom inlig oor die waterkrisis en nie net ons gelos het met die baie vrae soos vroeër jare nie. Ons is so gewoond daaraan om aan die agterste speen te suig dat dit vir ons ’n groot hoogtepunt was om julle almal hier te kon sien. Dit wys net julle gee om en verdien jul salarisse. Nogmaals dankie, en dra die beloftes ook uit soos bespreek, want ons hou julle dop…
*****
Dit is hartseer om te weet dat die brand by die ou stasie nie ernstig opgeneem is nie. Weet die mense hoeveel kinders verbrand het! Word die woon­buurte nie belangrik geag nie! Dit is nog steeds onaangenaam omdat die brand nie behoorlik geblus is nie. Die saagsels brand steeds wanneer die wind waai. #Simpatie Smarty Town
*****
Garnett, was lekker om jou storie vanoggend op RSG te hoor. Jammer om te hoor van Maureen. Ons glo dat sy goed sal herstel. Groete, Jan en Isa­bel Loubser
*****
Iemand wat omgee, het my aandag gevestig op die agteruitgaan en verwaarlosing van die munisipale swembad in Bo-Kerkstraat. Isabel
*****
Wil net vir die persone in die wit Ford Ranger-dubbelcab sê: As julle bier sit en drink tussen een en twee, moenie julle bierblikke in die straat voor my huis gooi en dan met ’n gejaag wegry nie. Hoe werk julle verder die dag met julle drankasems?
*****
Sommige hedendaagse “moderne” motors het sul­ke klein masjientjies wat oortyd moet werk om die pot aan die kook te hou. Geen wonder dat party aan die brand slaan nie. Gee my liewer ’n ouer model met ’n groter motor wat rustig sy perde ont­wikkel. Stef.
*****
Ek besoek die Langenhoven Gedenkbiblioteek gereeld. Dit is verskriklik hoe die mense (nie die lesers nie) kliphard praat en lag en op hul selfone gesels.
*****
Lyk my Oudtshoorn het ’n Spar-inkooptrollie-verkeersbeampte. Hy het my probeer aankeer in sy voertuig oor ’n Spar-trollie, maar ek is toe onskuldig.
*****
Ek lees so hier in Die Hoorn en op die Facebook-blad van persone wat gedurig ander persone se beroepe en werk kritiseer, en dan vra ek myself of daardie een wat so kritiseer darem ’n beroep en/of werkie het en of hy/sy darem eers gekyk het of hulle hul werk reg doen of sy beroep waar­dig is. Mens vee mos darem eers voor jou eie deur of hoe?
*****
Dis ’n nuwe jaar met nuwe wense, maar ek wil graag weet waarom kry die Volmoed Kliplokasie en Volmoed-area verniet water en al die ander Volmoeders moet betaal. Die meerderheid is pensioenarise en ons almal kry swaar. Vra maar net. Van Volmoed. (Praat gerus met u wyksraadslid hieroor dat sy dit aan u kan verduidelik hoe watertariewe bereken word. -Red)
*****
Nou is dit regtig somer in die Hoorn. Het amper vandag uitgebraai. En dan is daar nog mense wat sê hulle glo nie in iets soos aardverwarming nie.