Nog foto’s van hoe die Swartbergpas nou lyk 17/04/2017  Die foto’s geneem deur Wilmar Matthee van Oudtshoorn net na Tweede Water op die Swartbergpas wys dat dit lank gaan duur voordat ‘n voertuig weer daarlangs kan ry. Die pas is erg beskadig deur vloedwater na ‘n donderstorm op 9 April.