Muurkuns bekoor

Een van die mure wat geverf is, is op die hoek van Zebraweg en 18 de Laan in Bridgton. Foto: Lindi Brill

VIER inwoners van Oudtshoorn het besluit om hul talent en liefde vir kuns te gebruik om mure in Oudtshoorn op te helder met hul muurkuns.

Carlton Tolla, Earlyn Cloud, Davery April en Denver Jansen het toestemming by die Munisipaliteit gekry om enige muur wat nie private eiendom is nie op te helder met hul pragtige kunswerke. “Ons kan sien dat die mense daarvan hou. Dit is vir ons lekker om dit te kan doen”, het Tolla aan Die Hoorn gesê.

Hulle doen graag ’n beroep op enige besigheid of inwoners van Oudtshoorn om vir hulle verf te skenk sodat hulle kan aangaan met hul projek. (Deur Lindi Brill)