Op die agenda van die Raadsvergadering wat gister, 20 Maart in Oudtshoorn plaasgevind het, was die mosies van wantroue wat ingedien is teen die burgemeester, Chris Macpherson, die onderburgemeester Velancio Donson en die speaker Johan Allers, teruggetrek.
Hierdie mosies is ingedien deur die PA, Advies kantoor en OGI.
Raadslid Suzanne Jansen van PA het egter aangedui dat hulle die mosies gaan terugtrek. Volgens Jansen wil hulle egter die waarskuwing aan die koalisie gee dat die mosies weer kan gebeur.
“Vandag trek ek hierdie mosies terug, maar dis net vir vandag. Laat ons ons dorp bestuur tot die beste van ons vermoë, want hulle het ons vertrou hiermee, en ons persoonlike agendas los”, het Jansen aan die Raad gesê. (Deur Lindi Brill)
Mosies van wantroue teen Oudtshoon raadslede
Mosies van wantroue teen die Burgemeester, Onderburgemeester en die Speaker is teruggetrek op die Raadsvergadering wat op 20 Maart gehou is. Foto: Lindi Brill