Deur Garnett Wicomb
’N Man van Ladismith wat sy 13-maande oue baba wyn ingegee het, is in die Ladismith Streekhof drie jaar gevangenisstraf opgelê.
Die 39-jarige Donovan Klink is deur streeklanddros Ntsoki Moni aan aanranding met die opset om ernstig te beseer skuldig bevind.
Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, het die hof om direkte gevangenisstraf gevra omdat Klink nie ’n eerste oortreder is nie en die kind se dood kon veroorsaak het.
Die kind moes vir behandeling in die hospitaal opgeneem word.
Landdros Moni het bevind dat Klink geen berou toon oor wat hy gedoen het nie.
Hy het ook drie vorige veroordelings vir aanranding op sy rekord.