Man wat glo vrou verkrag, stap vry uit hof

’N MAN van Oudtshoorn wat daarvan aangekla was dat hy ’n vrou vasgebind en verkrag het, is verlede week in die streekhof vrygespreek en ontslaan.

Die 26-jarige vrou het in camera getuig dat Gerald Tom haar glo op ’n slinkse wyse na sy ghetto in die GG-kamp laat kom het deur vir haar te sê dat haar kȇrel ook daar was.

Hy het haar na sy slaapkamer gedwing, op die bed vasgedruk en eers haar mond toegebind.

Daarna het hy haar hande agter haar rug vasgebind, ontklee en verkrag.
Tom se regsverteenwoordiger, Christo van der Bergh, het vir sy kliënt se ontslag gevra omdat die staat nie sy saak bo redelike twyfel kon bewys nie.
Die saak is deur streeklanddros Daniel Boks aangehoor. (Deur Garnett Wicomb)