Louvain Gasteplaas se onthaallokaal luisterryk ingewy

DIE inwyding van Louvain Gasteplaas se groot onthaallokaal (venue) is Saterdag deur sowat 300 gaste bygewoon.
Die gaste is rojaal onthaal en het lekker geëet, lekker gedrink en hulself gate uit geniet!
Steffie le Roux, ’n bekende op Oudts­hoorn, het gaste op onder meer gewilde trefferliedjies onthaal.
Saag Jonker, mede-eienaar en direkteur van Langkloof Plase waarvan Louvain deel is, het ook die gaste vermaak met die bekende Frank Sinatra-treffer I did it my way.
Die nuwe onthaallokaal bied plek vir tot 400 mense. Die ruim saal het twee afsonderlike stoepe, een aan die noordekant en een aan die westekant. Die kroeg is toeganklik vanaf die saal en albei stoepe.
Die onthaallokaal het ’n baie goed toegeruste kombuis met van die nuutste beste oonde en ’n koelkamer.
• Benewens die inwyding van die ont­haallokaal was daar Saterdagoggend ’n sportdag op Louvain.
Altesame sowat sewentig atlete en fiets­ryers het aan die bergfietsry- en drafitems deelgeneem.
Hoewel die roetes baie steil en straf was, was die meeste deelnemers dit eens dat die omgewing asemrowend mooi was.