Die lekplek in die reservoir wat dringend herstel gaan word. Foto verskaf
’N LEKPLEK in die munisipale reservoir naby die Oudtshoorn Gevangenis sal van buite herstel moet word omdat die droogte nie toelaat dat die reservoir leeggemaak kan word nie.
’n Leser het Maandag ’n video aan Die Hoorn gestuur wat toon hoe die water uit die reservoir en van daar die veld in loop.
Volgens Johan Uys, bestuurder grootmaatwater by die munisipaliteit, kan Oudtshoorn nie in dié stadium bekostig om die water in die reservoir te verloor nie. ’n Kontrakteur is vir die herstelwerk sal sowat R65 000 kos.
Uys sê die lekplek mag moontlik struktureel wees maar dat dit eers bepaal sal kan word wanneer die reservoir se water uitgelaat kan word vir ’n volgende skoonmaaksessie, hopelik in die winter van 2019.