Kort nuus

• Die Sea Harvest Groep het Ladismith Cheese vir R527 miljoen gekoop en daarmee die eerste keer die suiwelbedryf betree. Ladismith Cheese produseer onder meer kaas, poeiermelk, botter en ander smere.
*****
Oudtshoorn se meestersatleet Toy Ungerer neem vanaand (Donderdag) om 18:30 deel aan die 100 meter finaal vir vroue 70 jaar plus nadat sy gister in haar uitdun ’n goeie tweede plek behaal het. Die uitdunne en finaal van die 200 m is op 7 en 9 September, en die uitdunne en finaal in die 400 m op 12 en 14 September.
*****
7 mm reën het Sondag in die opvangsgebied van die Raubenheimerdam, Oudtshoorn se drinkwaterdam, geval. Op die dorp het party inwoners slegs 12 mm en 13 mm reën op plekke gemeet.